MEDELYE BETUIG NA ORANIËR STERF IN MOTORONGELUK

Huldeblyke het die afgelope naweek ingestroom nadat Johan Steyl in ‘n motorongeluk oorlede is. Hy was ‘n
leerling aan Orania CVO-skool en die laaste agt jaar werksaam by die Wilco Groep. Volgens `n plasing op sy werkgewer se webblad was Johan toegewyd aan sy werk. “Johan was altyd vriendelik, altyd bereid om te help, altyd nederig en dankbaar. Ongelooflik betroubaar en altyd bereid om die ekstra myl te loop.
Daar was net een Johan en hy het altyd ons dag gemaak met sy postiewe gesindheid. Sy plekkie gaan leeg wees by Wilco,” lees die plasing verder. 

Riëtte Smit was ook in die voertuig en het die ongeluk oorleef. Sy sterk tans aan in ‘n hospitaal in
Kimberley waar sy vir ernstige beserings aan haar been behandel word.

Leave a Reply

Your email address will not be published.