ORANIËR BRAND: GEMEENSKAP SNEL TOT HULP

Die laaste dag van Augustus het vir Hennie Dreyer soos enige ander begin. Hy was besig om die werkswinkel op Nicky Page se hoewe te skruif. ’n Taak waarmee hy reeds die vorige Vrydag weggespring het. Dae lank het hy van vroegoggend tot laataand gewerskaf. Die Dinsdag was die grootste deel van die taak afgehandel en nadat hy die werkswinkel uitgespuit het, het hy besluit om gou te gaan bad. Oudergewoonte het hy die donkie gestook vir warm water. Hennie vertel dat hy hom altyd “start met petrol en olie – wanneer die olie aan die brand is dan werk die donkie doeltreffend.”

Hy het later weer by die donkie gekom en gesien dat dit steeds nie aan die gang is nie. “Wat toe vir my eintlik snaaks is, want hy doen dit nie sommer nie,” vertel Hennie. “Ek gaan sit toe by donkie en gee hom weer ’n bietjie petrol. Net toe ek die petrolkan terugtrek is daar so ’n vinnige windjie wat daar verby kom en die volgende oomblik toe’s dit net daardie ‘boef’-geluid van die petrol wat vlamvat.” Hennie vertel dat die petrol toe op hom gespat het en hy het begin brand.

“Toe gaan duik ek in die grond en rol so ’n paar keer om te kyk of ek die vlamme dood kan kry, maar niks gebeur nie – alles het net die heeltyd aangehou met brand. Ek staan toe op en probeer die klere van my lyf af ruk. Met dié dat ek die klere van my lyf af ruk, gryp ek net stukke gebrande materiaal wat steeds brand.” Die klere was egter bros en hy was nie sterk genoeg om dit van sy lyf af te kry nie.

Toe hy dit wel mettertyd dood kry, het hy die mense in huis geroep om die brand, wat teen die tyd in die veld gewoed het, te blus.  Terwyl hulle besig was om die brand te blus, het hy sy kortbroek aangetrek en hospitaal toe gery. “Dit was net die seerste seer. Ek kon nie sit nie. Kon nie behoorlik die stuurwiel vashou nie. Ek kon nie ratte oorskakel nie. Elke liewe beweging wat ek gemaak het, was seer.” Hennie vertel ook dat die geskud van die bakkie op die grondpad hom bybly. Die mediese dienste by OraniaMed24 het hom onmiddelik bygestaan en die brandwonde begin behandel.

Daar is ’n noodfonds vir Hennie opgerig en Oraniërs kan ’n bydra maak by die OSK-rekening GO 015.

313 comments

  1. Ons dimk aan jou Hennie mag die Liewe Vader gee dat dit nie te ernstig is nie en jy gou weer met jou werk sal aangaan

  2. I am very multifaceted, from sweet to free online live adult webcams, everything is possible with me! Are you submissive? Then don’t be afraid to give me a call. I’ll take your breath away with my dominant nature. Don’t hesitate for long and give me a call. I look forward to seeing you!

Leave a Reply

Your email address will not be published.