konsulaat van indonesie besoek orania eersdaags

Na `n paar besoeke van die konsulaat en die ambassade van Indonesië het die konsulaat-generaal van dié land die behoefte uitgespreek om `n kultuuruitstalling in Orania aan te bied. Die uitvoerende hoof van die Orania Beweging, Joost Strydom sê dit is `n besondere geleentheid vir Orania om met `n soewereine land, en daarmee saam een van die grootstes in die wêreld op die vlak te kan skakel. “Die laaste tyd het Afrikanerkultuur plaaslik en internasionaal baie min erkenning gekry en hierdie skakeling bied ons die geleentheid om nie net Orania se saak nie maar ook die van die Afrikaner weer aktueel by die internasionale gemeenskap te maak”. Die kultuurdag sal op 27 Maart by Stokkiesdraai aangebied word en tydens die geleentheid sal die afgevaardigdes van die konsulaat van Indonesië ook die geleentheid kry om Afrikanerkultuur te beleef.  Hulle sal ook `n kosdemonstrasie en `n uitstalling van hulle klere en produkte aanbied.

Indonesië is tussen die Indiese en Stille oseaan geleë en is die wêreld se grootste eilandstaat. Dit is `n soewereine, grondwetlike republiek met `n verkose president en wetgewer en bestaan uit 34 provinsies. Dié land bestaan uit meer as 17 000 eilande en beslaan 1 904 569 vierkante kilometer en is die veertiende grootste land gemeet aan oppervlakte. Indonesië het ook die vierde grootste bevolking ter wêreld met `n bevolkingstal van 270 miljoen en die vyftiende sterkste ekonomie. Indonesië se hoofstad, Jakarta is die hoofstad met die tweede grootste bevolking ter wêreld. Alhoewel die amptelike taal Indoniesies is word daar meer as 700 tale in Indonesië gepraat en die land bestaan uit meer as 1 300 verskillende etniese groepe.

1,588 comments

  1. Hiya, I’m really glad I’ve found this information. Nowadays bloggers publish just about gossips and web and this is really annoying. A good blog with interesting content, this is what I need. Thank you for keeping this web site, I will be visiting it. Do you do newsletters? Can’t find it.

  2. priligy sg Brother Du Long Zhang Jing said solemnly until Du Long came to the front, The third move During the previous battle, I haven it used it before Therefore, I hope you, brother, can treat this blood sugar icon Online Store move with care, because I can not control it perfectly when I use it with all my strength, and it may cause some News lasix and blood sugar damage to the source of my brother is soul, I am not sure Thank you Brother Zhang Jing for the reminder Du Long smiled and nodded, gratefully replied I will try to be careful Of course, in order to catch this move, I will use my true strength True strength Zhang Jing was slightly stunned, and then smiled relievedly It seems that Brother Du Long also has a hidden big move that he hasn it used yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.