LARIZA: EK HET OPGEDAAG EN ALLES GEGEE

Die vreugdes-vure het hoog gebrand nadat Lariza James onlangs uit die hospitaal ontslaan is en na Orania kon terugkeer om hier verder te herstel. Sy het onlangs deur haar man, Richard, aan Die Oraniër gesê dat die tyd, nou dat sy terugkyk, baie vinnig verbygegaan het sedert die ongeluk. Daardie dag toe ’n vragmotor die vierrigtingstop by die R369-kruising verontagsaam en haar motor teen ’n spoed getref het. “Aanvanklik het elke dag soos ’n week gevoel. En elke dag van daardie week was Maandag,” het sy met ’n lag vertel. “Ek het baie frustrasies en uitdagings gehad en ek het nogsteeds. Ek moes deur baie goed werk wat ek nie geweet het of ek dit deur gaan maak nie.” In daardie tye het sy God se liefde as ’n konstante in onseker tye ervaar.

Lariza vertel dat die hospitaalpersoneel haar op ’n dag in haar bed gewas het. Na afloop van die bedbad het hulle room aan haar lyf met hulle handskoene aan gesmeer. ’n Tydjie later, met niemand in die vertrek nie, begin haar lyf jeuk. Sy probeer die personeel met die klokkie ontbied, maar die klokkie val op die grond en daar lê sy hulpeloos.“Ek kon myself krap nie, ek kon nie vir hulp vra nie. Ek moes myself letterlik net aan die slaap praat. Maar ek moet sê, met elke uitdaging, elke dingetjie wat ek moes deurgaan, elke frustrasie was daar altyd iets wat my inspireer het. ’n Uitdaging waarna ek kon werk. Elke liewe dag het ek ’n deel van God se liefde ervaar wat ek nie gedink het bestaan nie.”

Lariza vertel dat sy die afgelope tyd baie meer van God se liefde geleer het en dit steeds nie heeltemal ten volle begryp nie. “My voete is onder my uitgeslaan oor hoe groot Sy liefde is”. Daar was baie aande van angs en frustrasie waardeur sy moes werk. Die gebeure het haar gedwing om daardeur te werk, dit kaalvuis te pak en nie uit te stel of aan te skuif nie. As ’n sportspesialis weet sy dat as jy beter wil wees, druk jy jouself tot jy moeg is en dan druk jy jouself nog ’n bietjie meer. Dit is hoe jy jou spiere skeur, en as jy spiere wil bou moet jy eers spiere skeur. Hoe seerder jou spiere is, hoe sterker word hulle. Op dieselfde dag waarop sy ’n kompetisie misgeloop het waarvoor sy baie hard voorberei het, het sy ’n nuwe afstand met haar loopring afgelê.

Daar is ’n aanhaling van die voormalige Amerikaanse president, Theodore Roosevelt wat haar deur die tye dra:

“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better.
The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat.”

Die stuk beteken baie vir haar – iemand wat daarvan hou om haarself te druk. En nou was daar party dae wat sy nie haar voet kon optel of haar knie kon buig nie. Nooit het sy besef dat dit soveel krag sal neem net om regop te sit nie. ’n Innerlike krag want jy weet jy gee alles. Vir Lariza is die belangrikste nie meer dat sy die dag se doelwitte bereik nie maar dat sy opdaag en alles gee.
“Ek was in die verlede bang dat ek gaan faal, bang dat ek gaan misluk en het soms my doelwitte kleiner gemaak. Hierdie het my laat opdaag. Elke liewe dag.”

10 comments

  1. Trong thế giới cá cược bóng đá, việc đưa ra nhận định MU là điều cần thiết để người chơi có thể đưa ra dự đoán chính xác về kết quả các trận đấu của Manchester United.

  2. 580600 175507My California Weight Loss diet invariably is an cost effective and versatile staying on your diet tv show produced for people who locate themselves planning to drop extra pounds and furthermore ultimately maintain a a lot healthier habits. la weight loss 577008

  3. 916100 743002Hosting a weblog composing facility (in a broad sense) requires unlimited space. So I suggest you to discover such web hosting (internet space provider) that offer flexibility inside your internet space. 132191

  4. 787739 558308Hey! I merely wish to give an enormous thumbs up for the great data youve got here on this post. I will likely be coming back to your weblog for far more soon. 309297

Leave a Reply

Your email address will not be published.