MD Greyling reg om te veg en bou

MD Greyling se nuutste enkelsnit “Veg en bou” is onlangs bekendgestel. Die Oraniër het met hom gesels.

Vertel ons kortliks van MD Greyling se musiekloopbaan. 

Musiek was nog altyd deel van my lewe en op skool het ek al besef dat dit is waar my groot liefde lê. Ek het in 2003 my debuut album Droomkasteel vrygestel en na al die jare, vier albums, ’n paar enkelsnitte, bietjie entrepreneurskap en duisende kilometers se reis deur die land is ek dankbaar om in 2021 steeds musiek as deel van my hartklop te kan hê. Ek het nog altyd geglo daarin om musiek en lirieke te skryf wat ’n dieper betekenis het en wat mense steeds oor ’n paar dekades na sal wil luister. Dalk is dit effens weg van die hoofstroomdenke, maar ek vind dat daar duisende is wat aanklank vind daarby.

Waar kom ‘Veg en Bou’ vandaan?  
‘Veg en bou’ is ’n lied wat ontstaan het nadat ek onlangs met AfriForum koppe bymekaar gesit het om ’n ideologie te omskep in ’n lied wat na aan my hart lê. ‘Veg en bou’ verwys na die twee kontrasterende wêrelde waarin ek myself bevind. Die een is vol moord, korrupsie, diefstal, agteruitgang en verskeie aanvalle/aanslagte op die Afrikaner en Afrikaans. Die ander is ’n wêreld vol hoop, self-doen, bou, geloof en Christelike waardes. Ek kies om te glo dat waar ons onsself tans bevind beslis nie die einde is nie, maar wel die begin, mits ons besef dat hierdie dinge nie vanself gaan gebeur nie. Ek streef daarna om dit daagliks uit te leef en ek hoop dat ‘Veg en bou’ die emosies raakvat om hierdie boodskap te versprei.  

Wat is jou gevoel oor die musiektoneel in die tyd van COVID-19? 
Dit is maar ’n treurmare. Die tye is ongekend en noop die kunste om kreatief te begin dink oor die pad vorentoe. Ek sien talle sangers en musikante wat ander besigheidsgeleenthede ondersoek in die stryd om te oorleef. My hoop is egter dat hierdie ’n tydelike opoffering sal wees en dat daar goeie musiek na vore sal tree om die relatiewe klein motor weer aan die beweeg te kry. Ons het soveel talent in Suid-Afrika en daarom betwyfel ek geensins dat daar wel iets goed hieruit sal ontstaan nie. 

Veg en Bou’ volg nou kort op die hakke van ‘Boer se geloof’. Kan jou aanhangers uitsien na ’n vollengte album?  
Op hierdie stadium is ek dankbaar en gelukkig om so elke paar maande ’n enkelsnit vry te stel, aangesien die kostes van ’n vol album net te veel is sonder enige waarborge dat die album gaan verkoop. Die pad vorentoe weeg maar tans oorwegend meer na die digitale kant toe, wat ook taamlik hartseer is, aangesien daar min dinge so lekker is soos om ’n album oop te maak en deur die boekie te lees. Ek is op ’n goeie plek in my lewe wat my musiek aanbetref, want ek geniet die skryf, vervaardiging en optree-geleenthede weer opnuut en ek dank die Here vir die talente om dit wel te kan doen.  

Jy het ’n tyd gelede op Orania opgetree. Wat was jou ervaring en wanneer sien ons jou weer hier? 

Orania is nie net nog ’n dorp vir my nie. Dit is ’n gemeenskap wat diep in my hart ingekruip het en dit was wonderlik. Die vriendelikheid, deugsaamheid en gasvryheid van elke persoon het my weereens laat besef dat ons mekaar nodig het. Ek hoop om spoedig weer die geleentheid te kry om in Orania op te tree, en veral om ‘Veg en bou’ in Orania vir die eerste keer te kan sing. Ek gaan beslis in my beplanning  Orania insluit en wie weet, moontlik gebeur dit vinniger as wat ek kan dink. 

Kyk die musiekvideo van Veg en Bou hier.

1,545 comments

  1. indocin does nizoral 1 work for hair loss San Diego Superior Court Judge Patricia Cookson officiates the wedding of Danne Desbrow to his fiancГѓ e, Destiny Winters, just minutes after he was sentenced to 53 years to life in prison for murder priligy buy online usa

Leave a Reply

Your email address will not be published.