REGISTREER NOU VIR ORANIA SE EIE VERKIESING

Desember 2000 het die groot hofuitspraak gekom. ’n Skikking, wat deur ’n hofbevel bekragtig is, het bepaal dat Orania nie onderworpe is aan die munisipale verkiesing van daardie jaar nie. Christiaan van Zyl was een van die yweriges wat gehelp het om Orania se eerste eie munisipale verkiesing te reël. Met die verkiesing in 2006 was hy aan die stuur van sake en met vanjaar se verkiesing, wat op 1 November plaasvind, is dit weer die argitek (wat bekendheid verwerf het vir strooibaalontwerpe) wat verseker dat Orania se verkiesing vry en regverdig is. Dit volg nadat hy as voorsitter van die Orania Inwonersvereniging (OIV) verkies is.

Wanneer daar na Orania se verkiesing verwys word, praat ons van die verkiesing van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR). Christiaan, en die nuwe bestuur, is verlede Vrydag verkies tydens ’n reorganisasie wat soveel belangstelling uitgelok het dat daar nie genoeg plek in Gemeenskapsaal se sysaal was nie. Stoele is in die parkeerarea uitgepak om almal te akkommodeer. Die vergadering het gevolg nadat die vorige bestuur so uitgedun was dat slegs twee lede, Johan Grobberlaar (ondervoorsitter) en Ludwig Everson (voorsitter) oorgebly het. Die twee lede het, ten spyte van verskeie versoeke vanuit die gemeenskap en vanaf die bestaande OVR, geweier om ’n reorganisasie te reël om die bestuur aan te vul en selfs voortgegaan om ’n kommissie aan te wys om oor die verkiesing toe te sien waarvan die voorsitter in Vanderkloof woon. Tydens die vergadering is ’n mosie dat ’n totale reorganisasie plaasvind met slegs een teenstem deur die gemeenskap aanvaar. Johan Grobbelaar het bedank en Ludwig Everson is nie weer tot voorsitter verkies nie.

Christiaan sê dat daar na die 2000-hofuitspraak baie energie losgemaak is vir die verkiesing en hy hoop dat dit vanjaar weer so sal wees. Hy volg ook ’n inklusiewe benadering en in plaas daarvan om ’n onafhanklike verkiesingskommissie aan te wys, vorm almal wat tot die bestuur van die OIV verkies is, deel van die kommissie. Maar hoekom is die OVR-verkiesing belangrik? “Ons eie verkiesing verklaar ons onafhanklikheid. Jy bevestig jou onafhanklikheid van Suid-Afrika al is dit grootliks simbolies,” antwoord hy. Hy frons dan en wonder hardop of hy reg geantwoord het. “Ek is ’n doener, nie ’n prater nie,” volstaan hy by sy antwoord.

Hy doen ’n beroep op alle Oraniërs wat langer as drie maande in Orania woon om te registreer. Stemgeregtigde inwoners sal op 1 November vir 11 kandidate kan stem en stemgeregtigde uitwoners kan stem vir die 12de kandidaat wat ’n uitwoner sal wees. Diegene wat vir die vorige verkiesing geregistreer was, is nie outomaties vir dié een geregistreer nie. Kiesers kan by die Poskantoor registreer en bevestig of hulle geregistreer is. Daar kan aanlyn registreer word by www.oraniaverkiesings
komitee.co.za
. Registrasies sluit Vrydag 15 Okt. om 15:30. Kandidate kan ook aanlyn en by die Poskantoor genomineer word. Dié nominasies sluit Maandag 18 Okt. om 15:30. Kandidate moet as ’n kieser geregistreer wees en 10 sekondante moet sy nominasie sekondeer.

En is die nuutverkose OIV reg vir die taak? Christiaan glimlag tevrede voor hy antwoord. “Almal is baie begeesterd en entoesiasties.”

Christiaan van Zyl is as voorsitter van die OIV verkies.

1,279 comments

  1. Specialized Pipes in Iraq At Elite Pipe Factory in Iraq, we pride ourselves on offering a diverse range of specialized pipes to meet various industrial and scientific needs. Our glass pipes, ideal for laboratory settings, are manufactured with the utmost precision to ensure clarity and durability. These pipes are perfect for handling and observing chemical reactions under controlled conditions. Elite Pipe Factory is renowned for its quality and reliability, setting the standard for glass pipe production in Iraq. For more information, visit our website: elitepipeiraq.com.

  2. wonderful issues altogether, you simply gained a logo new reader. What would you suggest in regards to your publish that you simply made some days in the past? Any certain?

  3. I have been exploring for a bit for any high-quality articles or weblog posts in this sort of space . Exploring in Yahoo I finally stumbled upon this site. Reading this information So i?¦m satisfied to convey that I’ve an incredibly excellent uncanny feeling I discovered just what I needed. I such a lot for sure will make certain to do not fail to remember this web site and provides it a look regularly.

  4. What i do not understood is in truth how you are no longer actually much more neatly-preferred than you might be now. You’re very intelligent. You understand thus considerably in relation to this matter, produced me personally imagine it from so many varied angles. Its like men and women aren’t involved except it’s one thing to do with Girl gaga! Your individual stuffs nice. All the time maintain it up!

  5. acai berry diclofenac 75 mg vs ibuprofen 600 Office romances are hardly news Гў certainly not at Google buy priligy generic For this, we compared four genetic mouse strains 1 Slc26a5 DTR; 2 Fgfr3 iCreER; CAG LSL Atoh1; Slc26a5 DTR Fgfr3 Atoh1 DTR; 3 Fgfr3 iCreER; Rosa26 CAG LSL Ikzf2; Slc26a5 DTR Fgfr3 Ikzf2 DTR; and 4 Fgfr3 iCreER; CAG LSL Atoh1; Rosa26 CAG LSL Ikzf2; Slc26a5 DTR Fgfr3 Atoh1 Ikzf2 DTR

  6. obviously like your web site but you have to check the spelling on quite a few of your posts. Many of them are rife with spelling problems and I find it very troublesome to tell the truth nevertheless I will certainly come back again.

  7. Simply a smiling visitant here to share the love (:, btw outstanding pattern. “Reading well is one of the great pleasures that solitude can afford you.” by Harold Bloom.