PRYSUITDELING VIR ORANIA SE BALLERINAS

Die Uysie Kirsten Balletskool bestaan reeds 29 jaar in Orania en het tans leerlinge vanaf drie jaar oud tot volwassenes wat opgelei word in die kuns van ballet. Die opleiding strek van die vlak ‘Tiny Tots’ tot gevorderde opleiding. Dié skool het ook akkreditasie by die Dance Academy of South Africa (DASA). Die afgelope week was dit weer tyd vir die balletksool se prysuitdeling en Uysie Kirsten is baie trots op haar studente. “DASA het geakrediteerde eksamens waar voorafbepaalde eksamenstandaarde geëvalueer word.  In die verlede het die eksaminator studente individueel geëvalueer, maar as gevolg van die COVID-19-pandemie moet ons nou gespesifiseerde video-opnames instuur vir die eksamen.  Die uitslae en sertifikate word teruggestuur en is tydens ’n prysuitdeling oorhandig.  Die balletskool het vanjaar 35 studente gehad.  Al die geëvalueerde studente het met onderskeiding geslaag.”

Uysie sê verder dat geen organisasie op sy eie nuwe hoogtes kan bereik nie. “Uysie Kirsten Balletskool het strategies met DASA geassosieer om wêreldklasstandaarde en evaluasies te verseker.  Elke Orania student moet met vertroue by enige gegewe ballet organisasie kan tuisvoel.  Ballet is soveel meer as net vloeiende bewegings en dissipline, dit leer die studente ook styl en presisie.”

1,639 comments

  1. Hey, I think your blog might be having browser compatibility issues When I look at your blog in Opera, it looks fine but when opening in Internet Explorer, it has some overlapping I just wanted to give you a quick heads up! Other then that, wonderful blog!

  2. Thank you for the sensible critique Me and my neighbor were just preparing to do some research on this We got a grab a book from our area library but I think I learned more from this post I am very glad to see such wonderful info being shared freely out there