Vrae oor belasting, verblyfreg na OVR besprekingsdokument voorlê

Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) het die afgelope Maandag  ’n openbare vergadaring gehou waarna inwoners uitgenooi is om insette te lewer oor ’n besprekingsdokument. Dié dokument wil die OVR uiteindelik na afloop van gesprekke met belanghebbendes aan Oraniërs voorhou as ’n grondwet. Die vergadering is gelei deur Hanri Maritz. Ses OVR lede en 14 lede van die gemeenskap was teenwoordig.

Die besprekingsdokument is voorgehou aan die vergadering waarna lede van die gemeenskap vrae kon rig en mondelinge insette kon lewer. 

Carel Boshoff (iv) sê die doel van die besprekingsdokument is om ’n grondslag te bied vir ’n moontlike produk.

Boshoff sê dat die voorgestelde stelsel ruimte behoort te skep waarbinne inwoners van mekaar kan verskil, maar nie oor die stelsel verskil nie. “Dit bied dus die spel se reëls.”

Elred Ferreira het uitgelig dat die befondsing van ’n groter konstitusionele orde waarskynlik vanuit die gemeenskap sal moet kom en dat belastingbetalers dalk uitdagings sal ervaar as gevolg hiervan. Carel Boshoff het hierop geantwoord dat die OVR ’n betekenisvolle rol kan speel met minder as Ø 10 per maand se bydrae per Oraniër.

“Die OVR het ‘n openbare diens om te lewer en kan nie anders as om deur openbare fondse, dus ‘n vorm van belasting, befonds te word nie. Dit kan direk of indirek ingesamel word, maar ’n klein bedrag per persoon, tans minder as Ø 10 per maand as mens alle inwoners intel, sal genoeg wees om die OVR se werksaamhede te finansier. Die alternatief is om onder Thembelihle se beheer te val en aan hulle belasting te betaal,” sê Boshoff.

Boshoff sê verder dat die OVR min uitvoerende magte wil hê oor die onderskeie grondgebiede in Orania. “Uitvoerende magte soos watervoorsiening, rioolafvoer, paaie en vullisverwerking – dus eintlik dienste – word tans doeltreffend deur verskillende gebiedsbesture (VAB, 272-eienaars, VKN, Kambro) gelewer en die OVR, wat ’n beleidmakende en oorsigtelike rol moet speel, kan of wil dit nie oorneem nie. Die OVR se uitvoerende magte sal dus slegs betrekking hê op die gemeenskaplike sake soos verblyfreg, regspraak en veiligheid, sowel as ruimtelike beplanning.”

Vrae het egter ontstaan oor waar die mag oor gemeenskaplike sake in Orania gesetel behoort te wees. Boshoff sê dat die OVR se riglyn is dat sake wat vir al die inwoners van Orania se verskillende gebiede dieselfde gehanteer word, soos verblyfreg, regspraak en veiligheid, onder een sambreel tuishoort. “Die ontwikkeling op hierdie terreine is reeds in die rigting van gesamentlike toesig en dit kan in ’n nuwe OVR-bedeling beter saamgevat word.”

Die Uitvoerende Hoof van die Dorpskantoor, Gawie Snyman, sê dat hulle benadering tot gedeelde belange nie soseer ’n vraag van “tuishoort” is nie. “Aangesien verblyfreg, regspraak en veiligheid onder die leiding en finansiering van Orania Dorpsraad beslag gekry het, sou mens daarom juis kon argumenteer dat dit in die Dorpskantoor tuishoort.”

Snyman sê dat die Dorpsraad se benadering eerder een van goeie onderlinge samewerking is, doelmatige besluitneming en effektiewe uitvoering, waar elke entiteit nie net inspraak kry op sake en prosesse wat hom ten nouste raak nie, maar ook die nodige finansiële bydrae maak om besluite uit te voer en beplanning te implementeer. “Daarom kan ek my nie ’n scenario indink waar sekere stelsels en prosesse (wat reeds goed werk) eensklaps uit die Dorpskantoor verwyder kan word en voortaan by die OVR setel nie.”

Boshoff tree uit as lid van die OVR aan die einde van hierdie termyn. “Ek voltooi met hierdie termyn ’n diens van naastenby 20 jaar op die OVR en ek dink dis ’n goeie tyd om die leisels te oorhandig. As dit met die inwerkingtreding van ’n goeie nuwe stelsel kan wees, sal ek tevrede voel dat ek gedoen het wat ek kan.”

Annatjie Joubert sê dat sy verheug is oor die vordering wat die OVR in hierdie verband maak. “Ek was jare gelede betrokke by die OVR en daar is steeds ’n dringendheid in my gemoed oor die voortbestaan van die OVR.”

Annamarie van der Merwe het aangedui dat die geloofsoortuiging van die gemeenskap dalk nie duidelik genoeg na vore kom in die besprekingsdokument nie. Haar waarneming is beaam deur ander gemeenskapslede.

Boshoff het hierop geantwoord dat daar ’n klein en ’n groot gerusstelling ten opsigte van die saak is. “Die klein gerusstelling is dat ander ook al hierdie kwessie uitgewys het en die groot gerusstelling is dat dit sodanig veronderstel is as ’n konsensus,” sê Boshoff.

“Ons werk breedweg met ’n gereformeerde Christelike grondslag. Ons moet ook in gedagte hou dat die owerheid nie die kerk moet wees nie.”

Hy sê dat die owerheid volgens die voorgestelde model nie namens inwoners die verenigings, kerke en skole moet probeer bestuur nie, maar dat hulle die ruimte moet skep vir hierdie instellings.

Christo Hattingh sê dat die OVR so veel as moontlike insette vanuit die gemeenskap wil verkry oor die dokument. Stuur ’n e-pos aan  ovr@orania.co.za om die besprekingsdokument te lees. Skriftelike insette kan tot 31 Augustus vanjaar na hierdie adres gestuur word.

1,248 comments

  1. Pingback: funnel mode
  2. Pingback: Shop now
  3. Pingback: WOT Trigger
  4. Pingback: dultogel 4d login
  5. viagra priligy Luckily for us, it has estrogenic effects on bones meaning it increases their density, and blood lipids meaning it lowers cholesterol 4 5 as well as preventing gynocomastia by preventing estrogen gene transcription in breast tissue

Leave a Reply

Your email address will not be published.