Taalweek afgestel weens Covid-19

Vanjaar se Taalweek is afgestel. Die organiseerder van die jaarlikse OKeR-Taalweek, Stefnie Muller sê die besluit is geneem weens die voorkoms van Covid-19 in Orania sodat inwoners en genooide kunstenaars van buite die dorp nie onnodig blootgestel word nie. “Ons het ‘n baie keurige weekprogram saamgestel wat van komedie tot klassiek van aard is, met nog alles tussen in ook.  Die bekende kunstenaars van buite Orania is baie terleurgesteld om nie meer te kan optree nie, maar verstaan heeltemal waarom ons dit moes doen.  Almal van hulle het OKeR Taalweek gedagboek vir volgende jaar en gaan beslis in 2021 kom,” sê Stefnie.

Sy verduidelik verder dat in die lig van die feit dat slegs 50 mense ‘n vertoning sou kon bywoon, het dit ietwat onregverdig gevoel teenoor die inwoners wat wel die vertonings sou wou bywoon, maar nie kaartjies sou kon bekom nie. Verder het die grendelstaat baie inwoners finansieel geknou en sou minder mense deel van die fees kon wees.  “In beginsel wou OKeR baie groot gaan en van hierdie fees ‘n “protesfees” maak – teen al die belaglike grendelbeperkings, maar heelaas, Oraniërs is verantwoordelike mense en ons wou nie die dorp, inwoners, kunstenaars of borge op risiko plaas nie,” verduidelik Stefnie.

Sy wys daarop dat Afrikaans, naas geloof die belangrikste faktor is wat Oraniërs definieer en saambind, en dat dit gevier moet word.  “Ons kyk tans na alternatiewe om steeds Taaldag te vier binne die raamwerk van die beperkings wat die virus op ons dorp plaas.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.