GROENER: KRUIE IS ’N RYK BRON VAN VOEDINGSTOWWE

’n Tuinmaakrubriek deur Lida Strydom. Dié rubriek word aan u gebring met die
samewerking van die Groener Kwekery wat by Orania Hardeware geleë is,
Olienhoutrylaan 26 Orania. Telefoon: 053 2070 140. E-pos: lida@orania.co.za

Verskeie kruie is uitstekend om as deklaag te gebruik. Oorweeg gerus sitroengras, suikerrietblare en smeerwortel om groot volumes deklaag te produseer en hope koolstof tot die grond te voeg.

Kruie is doeltreffend in die versameling van mikronutriënte wat noodsaaklik is vir behoorlike plantvoeding, maar in baie klein hoeveelhede benodig word. Sommige kruie is in staat om groot hoeveelhede mikronutriënte, selfs in uitgeputte grond te versamel, en dit dan weer in die grond beskikbaar te stel aan plante soos groente, wat nie self in staat is om die voedingstowwe uit die grond te myn nie.

Voorbeelde van kruie wat voedingstowwe akkumuleer is:

* kamille – kalsium, kalium, fosfor

* smeerwortel – silika – stikstof, magnesium, * kalsium, kalium, yster

* vinkel – natrium, swael, kalium

* Kappertjies – natrium, fluoor, swael, magnesium, kalsium, kalium, fosfor en yster.

Hierdie kruie is almal lekker gehard en kan maklik as deklaag gesny word.

Smeerwortel kan by die kompos gevoeg word, omdat dit vinnig afbreek en baie minerale by kompos voeg. Dit is ook voordelig omdat dit spoorelemente myn en na die oppervlak bring.

Leave a Reply

Your email address will not be published.