GROENER: KWEEK JOU KRISMISROSE VIR DESEMBERMAAND

’n Tuinmaakrubriek deur Lida Strydom. Dié rubriek word aan u gebring met die
samewerking van die Groener Kwekery wat by Orania Hardeware geleë is,
Olienhoutrylaan 26 Orania. Telefoon: 053 2070 140. E-pos: lida@orania.co.za

Krismisrose is lieflike outydse blomme wat deesdae weer hoogmode is. Vroeër kultivars se blomkleur het maklik verander na gelang van die pH van die grond. Nuwe kultivars se blomkleure is meer standhoudend en die invloed van pH is minder.

Hydrangea macrophylla dra besondere mooi blomme, maar dit kan nogal ’n uitdaging wees om die plante te laat blom. Om te verseker dat hulle van die begin van die somer tot in die herfs blom, is daar ’n paar belangrike sake om aan aandag te gee:
* Kies die regte ligging: Krismisrose hou van oggendson en middagskadu. Die suidekant van die huis is gewoonlik die beste plek vir hulle. As hulle te min son kry sal hulle nie blom nie, maar te veel son sal ook skade doen.
* Hulle verkies ’n oorvloed organiese materiaal in grond wat goed dreineer. Hoewel krismisrose van klam grond hou, kan hulle nie verdra om met hulle voete in die water te staan nie.

* ’n Goeie deklaag doen wondere vir krismisrose aangesien dit bydra om die regte omstandighede te skep.
* Voed gereeld met organiese bemesting, maar voeg ook ’n fosfaatbevattende bemesting by om blomvorming te bevorder.
* Wees versigtig met snoei aangesien blomme veral op vorige jare se hout gedra word. Nuwe kultivars dra blomme op nuwe sowel as ou hout.

Maak seker dat jy teen Desember ’n paar krismisrose vir die vaas kan pluk.

8 comments

  1. Pingback: My Homepage
  2. Pingback: แทง pubg
  3. Pingback: aksara178
  4. Pingback: coway

Leave a Reply

Your email address will not be published.