GROENER: VANG DIE WATER!

’n Tuinmaakrubriek deur Lida Strydom. Die rubriek word aan u gebring met die
samewerking van die Groener Kwekery wat by Orania Hardeware geleë is, Olienhoutrylaan 26 Orania. Telefoon: 053 2070 140. E-pos:
lida@orania.co.za

In ons ariede omgewing is dit nodig om elke druppel water te vang en in die grond te stoor. ’n Bekende tegniek in perma-kultuurkringe is om kontoerslote (“swales”) op ’n spesifieke wyse te gebruik om afloopwater ná reënbuie in die grond in te kanaliseer.

Eenvoudig gestel werk dit so:


* Ken jou terrein en let op hoe water vloei, veral ná ’n reënbui.

* Merk nou kontoere, gebruik ’n A-raam.

* Grawe ’n sloot op die kontoerlyn en gooi die grond wat uit die sloot verwyder word aan die onderkant van die helling, die grond vorm dus ’n berm.

* Die sloot word gevul met organiese materiaal.

* Op die berm word bome, struike en peulgewasse geplant.

* Sodra die plante op die berm gevestig is, kan daar aan die bokant van die sloot, (hoër kant) geplant word.
* Die breedte van die sloot word bepaal deur die tipe plante wat geplant sal word. As bome weerskante van die sloot geplant word, sal die bome se takke uiteindelik aan mekaar raak. By smaller slote, byvoorbeeld in huistuine, sal kleiner struike gebruik word.

Voordele van kontoerslote:
* Verminder afloopwater en dwing die water in die grond in
* Water syfer stadiger deur die grond en is langer bruikbaar vir plante

*Verbeter grondlewe as gevolg van klamheid

*Verkoel die omgewing
*Verminder verlies van kosbare bogrond.

1,176 comments

  1. Krentel H, et al priligy medication A reduction in breast cancer incidence was seen among participants in each of the subsets A total of 28 and 10 invasive breast cancers were seen among participants 65 and older in the placebo and Tamoxifeno Cinfa tamoxifen citrate groups, respectively