GROENER: KRY DIE ROOSBOME GEREED!

’n Tuinmaakrubriek deur Lida Strydom. Die rubriek word aan u gebring met die
samewerking van die Groener Kwekery wat by Orania Hardeware geleë is,
Olienhoutrylaan 26 Orania. Telefoon: 053 2070 140. E-pos: lida@orania.co.za

Wanneer moet ons snoei? Dit is veilig om te snoei as alle rypgevaar verby is. In Orania sal ons dus van middel tot laat Augustus snoei.

Die belangrikste redes vir snoei is om:
* plante lewenskragtig te hou;
* die vorm te behou;
* en beter blomme te kweek.

Vir hibried-teerose word al die dooie of siek hout verwyder, ook die takke in die middel van die bos. Alle minder-waardige takkies word teruggesny tot waar die hout stewig is of tot teen die basis. Vorm die plant soos ’n koppie. Wat oorbly is ’n sterk, oop raamwerk van goed
ontwikkelde lote van die vorige seisoen se groei. Snoei lote ongeveer halfpad terug tot by

buitenste ogies by sterk groeiers en binneste ogies by variëteite wat geneig is om te sprei. Sorg dat die raamwerk simmetries bly.

Onthou dat hibried-teerose en trosrose op nuwe hout blom, dit is op die huidige jaar se groei. (Rankrose dra blomme op ouhout, dus vorige jare se groei en word daarom liggies gesnoei nadat hulle geblom het.
Hulle word in die winter net ’n bietjie netjies gemaak.)

Gebruik ’n skoon, skerp snoeiskêr en maak ’n netjiese snit sodat die stam nie gekneus word nie. Die snit word gemaak sowat 5 mm bokant ’n node.

Moet nie bang wees om te snoei nie, rose is gelukkig vergewensgesind en sal weer uitgroei sodat jy volgende jaar weer kan probeer!

1,572 comments

  1. For example, if your whole menstrual cycle lasts four weeks from the start of one period to the start of the next have sex often during the second and third week does priligy work Finally, HyPR seq detected various subtypes of epithelial cells, including two subclusters of proximal convoluted tubule cells PCTs, Slc22a7 and Muc1 and collecting duct principal cells CD PCs, Aqp2, and indicated that CD PCs are reduced in frequency in DKD Fig