Hierdie is deel een van `n artikel uit die pen van Sarel Roets oor kuierkultuur in Orania.
Een oggend om 09:00 tydens ’n onlangse besoek aan Suid-Tirool vra een van ons Duitse gashere my of ek saam met hom ’n bier wil drink… Half geskok probeer ek in gebrekkige Engels verduidelik dat die vliegtuig nog nie oor is nie. Behalwe dat “the Airplane is not over yet” maar half vreemd klink teenoor die Afrikaanse weergawe, het sowel my beeldspraak as die feit dat ek nie negeuur in die môre ’n bier wil drink nie my nuwe vriend verwar. “Why not?” antwoord hy my in sy Duitse aksent. “Do you have something to hide or is it because you don’t like me?”
… My beurt om verward te wonder hoe “the airplane is not over yet” verstaan kon word dat ek ’n sinister afkeur in my nuwe vriend het. Behalwe dat ons tot ’n mindere mate so ’n bietjie “lost in translation” is, besef ek meteens dat ons hier te doen het met ’n “clash of civilizations” in die kleine.
Jy sien, in die Duitse kultuur is die drink van bier by enige geleentheid ongeag die tyd van die dag byna dieselfde as Afrikaners se soeke na ’n geleentheid om ’n vuur aan te steek en ’n vleisie te braai. Soos hierdie vriend my verduidelik, is dit slegs mense wat alle inhibisies verloor en dan hulself sleg gedra wat nie om 09:00 vm. al die eerste biertjie knak nie.
Ek kon nie help om terug te dink na my studentedae toe 09h00 in die môre biere (of brandewyne) byna sonder uitsondering tot ongesonde nadraaie gelei het nie. Tog het ek tydens my twee weke toer in Suid-Tirool nie een keer gesien dat hierdie nadraaie sy lelike verskyning maak nie. Die makliker uitweg sou wees om te reken dat ons as Afrikaners net minder drankfiks is, maar dit sou lui wees om te redeneer. Na baie nadenke oor die Duitser se wysheid daardie oggend het ek besef dat Afrikaners se denke rondom drankgebruik meer dikwels as nie, maar redelik ongebalanseerd is. Eerstens moet ons nie lui wees deur te redeneer dat alkohol self die skuld moet kry vir al die onheil wat dit dikwels veroorsaak nie. Die skuld bly alleen maar dié van die drinker. Waarom het ons dan so dikwels “drinkerprobleme” in ons Afrikaner- samelewing? Omdat die doel van die drinker dikwels arm is aan inhoud.
Van vetkruite tot verfkwaste
By geleentheid het ek die voorreg gehad om die “Wild About Whiskey Bar” in Dullstroom te besoek. Wat ’n belewenis. ’n Kroeg wat uitsluitlik whiskey bedien! As ’n “brannasman” tot op daardie stadium was ek maar half skepties oor ’n kroeg wat so verbeeldingloos is om slegs een tipe drank te verkoop. Toe die professionele kroegman met sy derde sin begin, besef ek meteens dat ek met vetkruite krabbel terwyl die man my probeer leer om olieverf te gebruik. Om whiskey te distilleer, is ’n kuns wat net soos ’n Michaelangelo- skildery jare neem om te voltooi. “Nee, mens drink dit nie met Coke nie!” vererg die kroegman hom vir my. “Jy drink dit by kamertemperatuur
(15 °C – 18 °C) en jy gooi niks meer as 5 ml water by nie. As jy min klas het, kan jy een blokkie ys bygooi. Jy drink dit uit ’n
whiskey-‘tumbler’ na jy dit vir ’n paar minute laat staan het sodat die whiskey met die lug kan reageer. As jy dit sluk, maak jy net jou tong nat en laat die geure deur jou mond spoel voor jy dit sluk”
Duidelik het “Wild about Whiskey” nie uitsmyters nodig nie! Om whiskey te drink, is net soos om whiskey te distilleer en whiskey te skink, ’n kuns. Soos enige ander kuns lê die rykheid en volheid daarvan in die belewenis wat deur soveel as moontlik sintuie waargeneem moet word. Jy sien dit. Jy ruik sit, Jy proe dit. … En ja, jy voel dit ook. Maar sodra jy die vermoë verloor om jou sintuie te gebruik wanneer jy jou whiskey drink, is jy besig om ’n kunswerk te brand.
Praat gerus ook met enige
“craft”-bierbrouer of wynmaker oor die kundigheid wat dit verg om hulle kuns te beoefen. Respekteer en waardeer die kunstenaar en sy kunswerk wanneer jy weer ’n drankie geniet.
Die se(d)erower in die kuierplek
As student stap ek op ’n keer by ’n kuierplek in Lichtenburg in. Ek bestel my drankie terwyl die harde Amerikaanse dansmusiek so hard speel dat ek die vibrasie aan my broekspype voel. Ek herhaal my dubbel-brannas en Coke-bestelling drie keer aan die kroegman omdat die harde musiek moontlik reeds permanente skade aan die gehoor veroorsaak het. Ek gaan soek my broer en dié se meisie wat self ’n Lichtenburger is op en sit in luidrugtige stilte en kyk vir die mense rondom ons. Na ’n wyle beduie die meisie met handgebare dat sy die badkamer moet gaan besoek. Ek wonder by myself of Suid-Afrikaanse kroegvingertaal binnekort as twaalfde amptelike landstaal verklaar sal word.
Terwyl ek so wonder oor die taalprobleme van Azania besef ek dat die jong Lichtenburgers aan die ander kant van die leë dansbaan ook vlot is met vingertaal. Ek besef dat ek besig is om vaardig te raak met hierdie nuwe taal, want ek kan duidelik aflei dat daar nie baie kameraderie tussen my groepie en sy groepie is nie. Hulle is vlot in SA- kroegvingertaal en verstaan elke uitdrukking wat ek aan my broer kommunikeer en stap as trop nader. My broer beduie in beter SA-kroegvingertaal as myne vir my dat hulle ’n probleem het… Ja Pieter, daardie boodskap is duidelik, maar waarom? Die buffeltrop beduie ons na buite. Miskien sukkel hulle tog so bietjie met die vingertaal… Nietemin, ons verlaat die watergat terwyl ons broeke steeds vibreer van die Amerikaanse dansmusiek en geen ander rede nie. Die manne is ongelukkig omdat ons stadsjapies van Pretoria se wêreld nog nie ons plek in die voedselketting bewys het nie en nou met ’n plaaslike meisie kuier. My poging om te verduidelik dat ons nie werklik kon kuier nie omdat ek nog nie S.A.K.V onder die knie het nie, het op beskadigde oordromme geval.
Ons het daarna die watergat armer verlaat. Armer aan ’n paar rand, vriendelikheid en ’n gesonde kultuurervaring.
As drank met kuns vergelyk word, is wyn en whiskey dalk die Van Gogh’s en Rembrands van die drankwêreld. Indien daar ’n donker seerowerkunstenaar was, wie se kunswerke die fynproewers se wenkbroue laat lig het, sou mens hom seker met brandewyn en rum kon vergelyk. Rum laat mens onwillekeurig dink aan ’n dronk troep aan die grens, of die man met die donker kyk in die hoek van die kroeg wat nie vriende het nie.
… Niks wat een besoek aan Kuba nie kan reg dokter nie.
As die Marxisme vir die doel van die oefening buite rekening gelaat kan word en daar in diepte na die kultuur van die gemiddelde Kubaan gekyk word, vind daar weer so ’n klein “clash of civilizations” in jou binneste plaas. Een van die eerste verskynsels wat mens in Kuba waarneem, is die opgeruimdheid van die Kubane. Ten spyte daarvan dat die Castro’s en hulle kommunistiese tirannie verskillende klasse, kulture, rasse en gelowe saam geforseer het tot een identiteit, is daar bykans geen onderlinge vyandigheid nie. Kubane is vrolike mense! Rondom tradisionele danse, musiek, sigare en rum het daar ’n kultuur van optimisme ontstaan wat die donker kant van kommunisme nie kon blus nie.
Ek sal nie so vêr kan gaan om te sê dat die gesofistikeerdheid van ’n whiskeydrinker vergelyk kan word met die Kubaanse rumdrinkers nie, maar die rede hiervoor sal waarskynlik meer te doen hê met finansiële redes as die tipe drankie. Wat wel ooreenstem, is die gees waarmee die drankie geniet word. Dit is hierdie gees wat elektries aanvoelbaar is by elke restaurant waarby ons ingestap het. Dit is ook belangrik om te noem dat daar nie werklik ’n onderskeid is tussen ’n eetplek en ’n drinkplek in Kuba nie. Wat jy by die een kry, kry jy by die ander. Gesonde samesyn, positiwiteit, vriendelikheid en ek sal selfs so vêr gaan om die woord kameraderie (buite die kommunistiese konteks) te gebruik. Dit is dus nodeloos om te sê dat ek ook hier geen uitsmyters gesien het nie!
Wat is dan die verskil tussen die watergat in Lichtenburg waar Sarel sy brandewyn gedrink het en Floridita in Cuba waar Hemingway sy rum gedrink het?
In Floridita dra die omgewing met sy musiek, sigare en rum saam met die mede-drinkers by tot ’n positiewe kultuur-ervaring wat die beste in mense na vore bring. Toegegee, daar was ook in Floridita diegene wat kunswerke verbrand het deur goeie rum soos Sweeto–koeldrank weg te slaan. Ten spyte daarvan was die kultuur van die omgewing en die mense van so ’n aard dat niemand die vrymoedigheid gehad het om mededrinkers negatief te stem nie.
In beide die watergat en Floridita het die se(d)erowerdrankies gevloei. In beide gevalle het die rum en die brandewyn bygedra om die kultuur van die mense en die kuierplek te aksentueer en te beklemtoon. In Kuba was dit positief en gesond, maar in Lichtenburg negatief en skadelik.
Gevolglik kan die vele kritiek teenoor drinkers beslis in die gelyk gestel word indien die kultuur van die mense en die kuierplek, hetsy by ’n onderneming of om ’n braaivleisvuur, negatief is. Net so kan die kritiek verkeerd bewys word indien daardie selfde mense en omgewing positief is.
Sarel Roets is die eienaar van die Zebra Restaurant.
Hierdie artikel het oorspronklik in 2016 in die tydskrif REDE verskyn.

This is a very important text, which can be used as a reference tool for both the health professional and average citizen alike medicamento priligy estudios clinicos Jonat W, Kaufmann M, Sauerbrei W, et al Goserelin versus cyclophosphamide, methotrexate, and flurouracil as adjuvant therapy in premenopausal women with node positive breast cancer The Zoladex Early Breast Cancer Research Association Study
808 A few cases have shown massive necrosis; others have shown lesser degrees of necrosis cytotec medication
Digitalis can also be used to slow the heart rate in patients with an arrhythmia called atrial fibrillation misoprostol online fast shipping The second trial compared doxorubicin with and without dacarbazine
augmentin 625mg MS performed efferent duct injections
fmriitjah xwspw lidigni plwk bbqwukxftzxbwbt