Mistonnel om fietsers af te koel

Fietsryers is verheug oor ’n mistonnel wat in Pêrellaan aangebring is. “Ons het op die idee van die mistonnel gekom tydens ‘n gesprek met belanghebbendes oor die verbetering van fietsryinfrastruktuur in die dorp. Iemand het die opmerking gemaak dat dit gereeld tydens die somermaande so warm word dat dit regtig nie ’n plesier is om fiets te ry nie. Die idee van ’n mistonnel het toe sommer spontaan in die gesprek voortgekom,” sê Arno Lambrechts, hoof van die tegniese span van Orania Dorpsraad se Gemeenskapsdienste.

Hy sê die Dorpsraad wil graag fietsrygeriewe in Orania uitbrei. “Orania Dorpsraad is heeltemal ten gunste van die skep van ’n fietsrykultuur in die dorp. Daarom is dit noodsaaklik dat ons die nodige infrastruktuur skep om ons dorp so fietsryvriendelik as moontlik te maak. Dit sluit byvoorbeeld in die skep van fietsrypaadjies asook die aanpas van bestaande sypaadjies om beide die toegang tot sypaadjies vir fietsryers makliker te maak, sowel as om die rygerief te verbeter. Behalwe vir die feit dat die mistonnel ’n baie welkome lafenis vir fietsryers (en voetgangers) is, is dit ook ’n simbool van die dorpsraad se verbintenis tot die fietsrygemeenskap.”

Lambrechts sê dat Oraniërs eenderse projekte in die toekoms kan verwag van die Dorpsraad af. “Die huidige mistonnel is ‘n prototipe en is dus nie van duursame materiaal vervaardig nie. Ons oogmerk hiermee was om die gemeenskap se reaksie te toets en indien dit gunstig aanvaar word, om dan een (en hopelik ‘n hele paar meer) nuwe, permanente mistonnels te vervaardig. Verder gaan ons in die volgende jaar poog om soveel as moontlik sypaadjies toegangklik te maak vir fietsryers te maak om te probeer om so ver moontlik motorvoertuie te skei van fietsryers. Dan werk ons ook aan die skep van toegewysde fietsrypaadjies tussen strategiese punte in die dorp.”

Die mistonnel werk met klein hoëdrukmissproeiers wat wanneer beweging deur ’n sensor aan een van die twee oop kante van die tonnel opgemerk word, ’n drukpomp aktiveer wat vir ’n periode van 10 sekondes ’n fyn missproei in die tonnel spuit. “Die verdampingseffek word dan gebruik om die besoeker af te koel. Volgens ons toetse gebruik die mistonnel absoluut minimale krag en water en ook word daar slegs van rouwater gebruik gemaak. Ons moniteer wel ook die elektrisiteitsverbruik van die tonnel op ’n deurlopende basis sodat ons altyd die loopkostes van die tonnel kan kwantifiseer, selfs al is dit baie laag,” sê Lambrechts. Die mistonnel voorsien selfs aan sommige motoriste lafenis in die warm Karoo. “Dit is vir ons baie verblydend om te sien hoe baie mense van die tonnel gebruik maak. Ek sien byvoorbeeld op ’n daaglikse basis motorbestuurders en hulle passasiers wat daar naby stop en dan vinnig deur die tonnel draf vir ’n verfrissende lafenis voordat hulle verder reis. Ons het nie tydens ons beplanning gereken dat selfs motoriste die tonnel sou gebruik nie. Ons voel dat dit klein goedjies soos hierdie is wat Orania so ’n unieke gemeenskap maak en ons nooi almal uit om die mistonnel te kom beproef en dan vir ons te laat.

48 comments

  1. Pingback: โคมไฟ
  2. Pingback: sex trẻ em
  3. Pingback: dk7
  4. Pingback: grayzone hack
  5. Pingback: Koh Tao Scuba Club
  6. Pingback: ไก่ตัน
  7. Pingback: poker online
  8. Pingback: cinemakick
  9. Pingback: cinemakick .com
  10. Pingback: recipesjelly
  11. Pingback: som777
  12. Pingback: hit789
  13. Pingback: HArmonyCa
  14. Pingback: betflix wallet
  15. Pingback: fox888
  16. Pingback: สีทนไฟ
  17. Pingback: som777
  18. Pingback: ufa789
  19. Pingback: ufa777
  20. Pingback: pinco
  21. Pingback: av
  22. Pingback: pg168

Leave a Reply

Your email address will not be published.