Dorpswembad word berei vir somermaande

Vandeesweek, in een van die koudste weke wat vanjaar se winter opgelewer het, is Willie Potgieter besig om Orania Gemeenskapswembad skoon te maak. “Die swembad maak op 18 September vanjaar weer oop,” sê hy, vol vertroue dat die weer wel sal draai.

Dit gee Potgieter ongeveer ’n maand om die allemintige swembad silwerskoon te kry, gereed om vir Oraniërs groot en klein lafenis te bied tydens die warmer maande.

Potgieter is een van die eerste inwoners van Orania. “Ek woon al 28 jaar hier in die dorp en maak al 16 jaar die swembad skoon.”

Jaarliks word die swembad leeg getap en word die teels met ’n hoëdruk tuinslang afgespuit. “As ons dit nie deeglik skoonmaak nie, sukkel ons teen Desembermaand met alge wat groei,” sê Potgieter, wat in diens is van die Dorpsraad.

Dit duur twee weke vir die swembad om weer vol te tap. “Vroeër het dit ons net ’n week geneem, maar nou dat daar soveel meer mense in die dorp woon, het dit ’n invloed op die waterdruk en vat deesdae langer om die swembad vol te kry.”

1,534 comments

  1. Let the hottest girls fuck you uninhibitedly during phone sex. You can also watch them live on your screen while they talk to you at no extra cost. This is real cams show entertainment at the highest level.

Leave a Reply

Your email address will not be published.