Roelien de Klerk is een van die eerste Oraniërs wat positief getoets het vir Covid-19. Sy het aan Die Oraniër vertel dat haar skoonma onlangs `n paar dae in Bloemfontein moes deurbring en vier dae na haar terugkeer begin siek voel het. Haar skoonma het `n verkoue gevoel en lighoofdigheid, wat deur haar suurstofvlak veroorsaak is, ervaar. Sy is vir Covid-19 getoets en na `n positiewe uitslag is haar naasbestaandes ook getoets.
Roelien vertel dat haar man, Frans se uitslag aanvanklik onbepaald was. (Onbepaald word gesien as positief en daarom is Orania se syfers opwaarts aangepas). Drie dae na Frans se uitslae het Roelien haar smaak- en reuksintuie verloor. Twee dae later het sy `n positiewe toetsuitslag gekry.
Dit was eers toe sy haar reuk- en smaaksintuie verloor dat sy oortuig was dat sy wel die virus het. Roelien het `n brokkie raad vir diegene wat wonder of hulle dalk die virus onder lede het: “As enige iemand wonder of hy sy smaak verloor, kan ek jou gerus stel. Jy sal weet wanneer jy jou smaak en reuk verloor het. My ‘party trick’ op daardie spesifieke oggend (toe sy getoets is), was om n ui soos n appel te kon eet. Ek wou doodseker maak ek is nie net n sissie nie. As jy dus twyfel, doen die uie-toets. Daar is geen smaak nie, net tekstuur. Jy behoort dus ‘n ui soos n appel te kan hap.”
Buiten vir `n hoofpyn wat ongeveer vier dae geduur het voel Roelien op die oomblik goed. “Ek was nooit rerig siek nie. Ek het wel `n gevoel van verkoue gehad maar selfs dit was so dat dit nooit my daaglikse handel en wandel beinvloed het nie,” vertel sy.
Roelien sê Oraniërs kan baie dankbaar wees teenoor almal wat gehelp het om van Orania Med24 `n werkende mediese sentrum te maak. Na die toets uitgevoer is, is alles duidelik aan haar verduidelik en is Roelien ook ingelig oor wat sy te doen staan indien sy positief toets. Dr Phillip Nothnagel het haar per Whatsapp ingelig watter medikasie sy moes neem wat toe later vir haar by die apteek gereek gekry is.
Roelien se gevoel is dat baie Oraniërs reeds Covid-19 onder lede gehad het en dat baie dit nog gaan kry. “Dit moet egter nie maak dat ons onverantwoordelik of ligtelik teenoor die virus optree nie,” sê sy verder. Sy beveel Oraniërs aan om `n masker te dra as jy in `n toe gebou is omdat jy dalk onbewustelik `n virusdraer kan wees. Sy moedig ook Oraniërs aan om bedagsaam teenoor ander se ruimte te wees en afspraak te maak voor jy na Orania Med24 of die kliniek gaan. Sy moedig ook mense aan om hulle status bekend te maak as hulle positief getoets het om sodoende mense in jou nabye omgewing meer op hulle simptome te laat let.
Laastens, sê Roelien is dit baie belangrik dat ons mekaar help. “Ons waardeer ons vriende wat daagliks aanbied om inkopies vir ons te gaan doen. Ons ds, Ronald Bain, se volgehoue oproepe was elke keer ‘n ligpunt en die gemeenskap se boodskappe was baie gaaf. Personeel wat die ekstra myl gestap het in die tyd en ook die gesindheid in gesinsverband, maak die smaaklose dinge weer soet.”

com for Tetradox 100mg are given in detail below viagra priligy Let s take a moment to explain what takes place when a patient comes back to receive care after an extended period of time