Oor olifante en niksdoen

Deur Ernst Roets

Edmund Burke is veral bekend vir sy stelling dat die enigste ding wat nodig is vir boosheid om te seëvier is dat goeie mense niks doen nie. Natuurlik is daar baie waarheid in hierdie stelling. Vir die doel van hierdie artikel wil ek egter die stelling so bietjie omswaai en sê dat dit ook waar kan wees dat die enigste ding wat nodig is vir boosheid om te seëvier is dat goeie mense iets doen wanneer hulle eintlik niks moes doen nie.

Hierdie stelling klink dalk baie vreemd en is half teenstrydig met dit waarvoor Orania hom beywer: om die moue op te rol en aan die werk te spring. Maar laat ek verduidelik. Michael Porter van die Harvard besigheidskool het gesê dat die belangrikste – en dikwels die moeilikste – deel van strategie is nie om te besluit wat om te doen nie, maar wat om nie te doen nie. Die punt is dat daar by die kernfokus gehou moet word en dat niks anders gedoen moet word wat die aandag daarvan aftrek nie. In sy boek Good Strategy, Bad Strategy sê Richard Rumelt verder dat een van die mees algemene redes waarom strategieë misluk is omdat die opstellers daarvan nie bereid was om die olifant in die kamer te identifiseer en aan te spreek nie. Die punt is dus dat ’n goeie strategie daarop neerkom dat ’n mens jou moet besig hou met die regte goed, maar terselfdertyd nou nie moet besig hou met dinge wat die aandag van jou hoofdoel aftrek nie.

So is dit ook met Orania. Ek is seker dat Orania se inwoners meer insig sal kan bied oor wat die olifant in die kamer is wat in Orania se strategie aangespreek moet word. Dit is egter net so belangrik om te besluit wat Orania nie moet doen nie. As “uitwoner” sou ek sê dat ’n olifant in die kamer is dat, hoewel daar groot drome vir Orania is, die dorp eintlik maar nog klein en taamlik kwesbaar is. Ons het byvoorbeeld gesien hoe veral Orania se toerismebedryf saam met die res van Suid-Afrika ook swaarkry tydens die staat van inperking.

Wat Porter se punt oor kernfokus betref is Orania se kernfokus op hierdie stadium sekerlik om te groei. Hoewel die versoeking soms daar is om Orania op te stel as in kompetisie met die res van Suid-Afrika behoort dit nie gedoen te word op ’n manier wat Orania se groeistrategie op enige manier belemmer of in gedrang bring nie.

Ernst is hoof van beleid en aksie by AfriForum

1,304 comments

  1. Pingback: PEP
  2. Pingback: Mancave
  3. can priligy cure pe Before using this medication, tell your doctor or pharmacist your medical history, especially of personal or family history of bipolar manic depressive disorder, personal or family history of suicide attempts, liver problems, kidney problems, seizures, low sodium in the blood, bleeding problems, personal or family history of glaucoma angle closure type

Leave a Reply

Your email address will not be published.