Toename in verhuisings-navrae

Verhuisingsnavrae het in die afgelope maande tydens die grendelstaat teen ’n streng spoed vermeerder. Vir baie Afrikaners is die Covid-19-krisis die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het.

Pieter Krige sê dat die Orania Beweging al hoe meer navrae oor verhuising na Orania ervaar. “Daar was altyd baie navrae, maar dit is nou middelklas gesinne wat die skuif wil maak. Ek vermoed dit is omdat die uitrol van die grendelstaat tans die tradisionele middelklas die hardste tref.”

Eiendomsagent Marli Snyman sê dat hulle veel meer navrae oor behuising in Orania ervaar sedert die grendelstaat ingestel is. “Ons kry navrae van mense wat belang stel beide in huurhuise en eiendom te koop. Baie mense is nou reg om die skuif te maak, maar word beperk deur die feit dat ’n mens nie vrylik oor provinsiegrense kan beweeg nie.”

Snyman sê verder dat talle van haar kliënte belang stel daarin om blyplekke te huur, maar dat daar nie baie huurhuise in Orania beskikbaar nie. “Mense verkies baie keer om eers ’n huis te huur terwyl hulle ’n eiendom soek om te koop.”

Lida Strydom, wat verantwoordelik is vir die Oriënteringskursus wat nuwe inwoners bywoon, sê na aanleiding van ’n berig wat in die Orania Beweging se e-nuusbrief gepubliseer is oor die aanlynoriënteringskursus, was daar talle navrae van mense wat wil verhuis na Orania. “Selfs mense wat dit dalk vantevore nie oorweeg het nie, wil nou meer weet. Daar was tot navrae uit Rusland!”

Daar het al vanjaar ’n totaal van 216 mense die Oriënteringskursus plaaslik en aanlyn voltooi.

1,597 comments

  1. Больше интересной информации о строительстве и ремонте можно прочитать на сайте https://stroyka-gid.ru. Только самые популярные статьи и обзоры процесса ремонта помещений и строительства зданий.

  2. The letter A is assigned to the upper right rear molar, and subsequent lettering proceeds in the same manner as for adult teeth, with the letter T assigned to the lower right rear molar see the image below what is priligy Based on my own experience I tend not only to agree with their emphasis on lifestyle modification to aid weight loss but also corroborate that unless there is evidence of IR, prescribing metformin is unnecessary

  3. Nice that you are here. Feel free to ring through if blonde cam girls, if you are a wanker, submissive or a slave. I am quite multifaceted and like to ask friendly what you like to do. Let’s see if I like it.