JOERNALISTE VAN SPANJE, JAPAN BESOEK ORANIA

Die Orania Beweging skakel gereeld met internasionale verslaggewers, maar tydens strenger inperkingsregulasies, was daar minder sulke besoeke aan Orania.

Orania geniet internasionale belangstelling en 2019 was wat die uitvoerende hoof van die Orania Beweging, Joost Strydom as ’n mediapiek beskryf met groot Amerikaanse nuuskanale wat ook hier besoek afgelê het. Gedurende ’n groot deel van 2020 was die navrae oorwegend per
e-pos en die onderhoude aanlyn deur middel van Skype en Zoom.

Die Orania Beweging se taak is nie altyd maklik: joernaliste sal baie dikwels op ’n Sondag sonder waarskuwing in Orania aankom. Tog staan die Orania Beweging dan reg om die verslaggewers te woord te staan. Dit word egter aan hulle duidelik gemaak dat Orania ’n Christelike gemeenskap is en dat ’n Sondag eintlik ’n rusdag is. Daar word egter steeds nie gehuiwer om die joernaliste so ver moontlik te akkommodeer nie. Die Orania Beweging se werk begin net voor ligdag wanneer die joernaliste mooi foto’s wil neem en eindig gewoonlik laat in die aand eers. Daardie joernaliste is immers net vir ’n dag of twee hier, maar dit beteken nie dat die Orania Beweging se span ’n blaaskans kry nie. Die volgende span joernaliste is immers reeds op pad.

Onlangs het die Orania Beweging verslaggewers van die oudste koerant in Spanje en die grootste koerant in Japan ontvang. Die Japannese verslaggewer was ook vergesel van ’n Japannese diplomaat. Joost sê dit is baie interessant dat Orania soveel belangstelling uit Asiatiese gemeenskappe kry en skryf dit toe aan verteenwoordigers van die Indonisiese konsulaat en ambassade wat onlangs ’n paar besoeke aan Orania gebring het. Albei verslaggewers het goed opgelees oor Orania en was vertroud met die gemeenskap se geskiedenis.

Raak hy nie moeg vir die joernaliste wat hier kom besoek aflê en dan teruggaan net om hulle persepsie van Orania te gaan skets nie? “Die oomblik as ons joernaliste begin wegwys, selfs al is hulle antagonisties teenoor Orania, dan wys jy die geleentheid om jou saak te stel ook weg.”

1,224 comments

  1. As Orania en landbou opleiding projek spoed kry, kan uitvoermarkte dmv vriendskappe beding word.

  2. Pingback: ผ้า
  3. Пин Ап Казино Официальный Сайт в России пин ап Пин Ап Казино Официальный Сайт в России

Leave a Reply

Your email address will not be published.