OB hou jaarlikse raadsvergaderingnaweek

Die Orania Beweging het die van die 13de tot die 15de November hulle jaarlikse Lede- en Raadsnaweek aangebied. Die geleentheid het bestaan uit die raadsvergadering, ledevergadering, dinee en gesamentlike erediens.

“By die ledevergadering het enige lid van die Orania Beweging die geleentheid om insette gee, terugvoer kry oor die aktiwiteite, mosies kan laat dien  en voorstelle maak,” sê Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Beweging.

Die raad van die Orania Beweging is die hoogste gesag wat beleid en besluite aanbetref. “Vanjaar het die raad veral gekyk na ons finansiële posisie. Ons het ’n klomp veranderings aangebring in die afgelope drie jaar en onsself in ’n heelwat beter finansiële posisie in bestuur, waarmee die raad tevrede was.”

Die raad het ook nuwe raadslede verkies. “Enige lid van die Orania Beweging kan genomineer word as raadslid.”

Die uitvoerende hoof en sy span het ’n jaarverslag opgestel in terme van die beleid van die Beweging en terugvoer gegee oor vordering wat gemaak is byvoorbeeld oor die toename in ledewerwing.

Vrydagaand is daar ’n dinee gehou vir raadslede. “Ons wil graag ons raadslede wat baie tyd en moeite in sit die geleentheid gee om ’n bietjie in Orania te kuier en te ontspan, veral dié van hulle wat nie hier woon nie. Ons het van die Beweging se kant af vir hulle dankie gesê vir hulle harde werk en toewyding.”

By die dinee was die spreker dr Louis Bothma en die tema van sy rede was Voertuie na Vryheid: Beveiliging of Bevryding. Die toespraak is opgeneem en is op die Orania Beweging se Facebookblad te sien.

Vanuit die raad word die Uitvoerende Raad aangewys wat dien as ’n sort direksie van die Orania Beweging.

Daar is ’n gesamentlike erediens gehou om die naweek mee af te sluit. “Die hele dorp se gemeentes is uitgenooi om deel te neem aan hierdie gesamentlike erediens wat al ’n tradisie geword het in Orania.”

Vanjaar is die erediens deur die Afrikaanse Protestantse Kerk behartig, onder leiding van ds Ruan Combrinck. “Dit was lekker om te sien dat soveel Oraniërs deelneem, omdat ons Christelike Gereformeede geloof in Orania so belangrik is. Dit is vir ons selfs belangriker as ons Afrikanerkultuur.”

1,226 comments

  1. Pingback: hwidspoofer
  2. Pingback: pgroyalbet
  3. Pingback: 홀덤사이트
  4. KE2 and later events priligy at walgreens 22 Metformin likely plays its role in improving ovulation induction in women with PCOS through a variety of actions, including reducing insulin levels and altering the effect of insulin on ovarian androgen biosynthesis, theca cell proliferation, and endometrial growth

Leave a Reply

Your email address will not be published.