Met sweet, nie bloed nie!

Deur Sarel Roets

SI VIS PACEM, PARA BELLUM – As jy vrede wil hê, berei voor vir oorlog!

Weens die aard van my werk kry ek byna daagliks die geleentheid om met toeriste van reg oor Suid-Afrika te gesels. Mens leer later die verskillende soorte Afrikaners ken. Afrikaners is ’n interessante spesie! Die groot vraag wat byna almal my altyd by Zebra vra: “Is julle nie bang dat die EFF of iemand julle kom aanval nie?” 

Bang is ’n gevaarlike ding. 

Dit is wetenskaplik bewys dat vrees die werking van jou serebrum (die deel van jou brein wat planne maak) verklein, terwyl dit die werking van die serebellum (die instinktiewe deel van jou brein) verhoog. Dit beteken dat vrees jou inderwaarheid dommer maak. Dit geld soveel te meer vir histerie en paniek. 

My antwoord is dus eenvoudig: Nee, ek is nie bang nie! Nie omdat ek vreeslik braaf is of omdat ek nie bewus is van die moontlikheid dat Orania ’n tipe Senekal-insident kan hê nie. Ek is nie bang nie, want ek weet dat Orania weens verskeie redes die veiligste en bes voorbereide dorp in die land is.  

Si vis pacem, para bellum. Die eerste voorbereiding het reeds begin die dag toe Orania se stadsvaders die beginsel van eie arbeid vasgelê het. Ons het nie ’n magdom mense aan ons buitewyke wat ons wil doodmaak nie. Sou iemand eendag besluit om wel by ons te kom “kuier”, is daar ook nie ’n plakkerskamp waaruit gemobiliseer kan word of heen gevlug kan word nie. Daar is niemand wat in ons huise en tuine werk wat kan vertel waar ons waterpunte of ander strategiese hulpbronne is nie. Orania is ver. Orania is warm. ’n Mens word dors as jy heeldag in die son moet dans en skree! 

Verder is Orania die enigste dorp wat reeds ’n bevel-en-beheerstruktuur het wat gesag kan uitoefen oor vyf unieke, gespesialiseerde, opgeleide en ingeoefende veiligheidsgroepe. Uit die aard van die saak sal dit nie wys wees om ons hele strategie op ’n openbare platform uit te blaker nie. Dit is ook nie die doel van die artikel nie. Wat Oraniërs moet weet is dat ons nie maar sal wag en kyk nie. Nee, ons berei voor vir konflik sodat ons hopelik nooit konflik hoef te beleef nie. 

Orania is nie Senekal nie. Orania moet in veiligheid gebou word. Ons sal almal saamstem dat ons op die vooraand van groter probleme in Suid-Afrika staan. Daar vloei reeds Boerebloed op hierdie grond! 

Dit is ons verantwoordelikheid om nie ons Orania vry te koop met bloed nie, maar wel met sweet. Ons moet ’n plek bou waar ons oumense en kinders en eendag ons agter-agterkleinkinders vry kan wees. Orania is nie groot nie. Orania is nie sterk nie. 

Neem egter kennis dat Orania slim is. Ons is dus nie bang nie, maar voorbereid!

1,258 comments

  1. Kıbrıs, e-ticaret ve dijital iş modelleri için büyüyen bir pazar sunmaktadır İnternet erişimi ve dijital altyapının yaygınlığı, e-ticaretin hızlı bir şekilde büyümesini sağlamaktadır Ayrıca, Kıbrıs hükümeti dijital dönüşüm ve yenilikçi iş modellerini teşvik eden politikalar uygulamaktadır E-ticaret şirketleri, düşük vergi oranları ve geniş bir müşteri tabanına erişim gibi avantajlardan yararlanarak Kıbrıs’ta başarılı olabilirler

Leave a Reply

Your email address will not be published.