GROENER: LENTETAKE IN DIE TUIN

’n Tuinmaakrubriek deur Lida Strydom. Dié rubriek word aan u gebring met die
samewerking van die Groener Kwekery wat by Orania Hardeware geleë is,
Olienhoutrylaan 26 Orania. Telefoon: 053 2070 140. E-pos: lida@orania.co.za

Namate die weer warmer word, is dit belangrik dat plante meer gereeld water kry. As die wind baie gewaai het, sal die grond nog vinniger uitdroog.

Beheer onkruid so gou as moontlik, hoe langer hulle groei, hoe moeiliker raak dit om dit te verwyder, veral as die wortels tussen die wortels van jou gunstelingplant ingegroei het.

Voed rose met organiese bemesting. As jy mooi sterk blomme van jou hibried-teerose wil pluk, moet jy gereeld die syknoppe verwyder.

As jy nog nie bo-bemesting vir jou grasperk gegee het nie, doen dit so gou moontlik.

Gaan potplante na en plant die plante in potte wat te vol geraak het, so gou as moontlik oor. Snoei die wortels effens terug indien nodig, maar werk versigtig om nie die wortels te beskadig nie. Gebruik ’n mengsel van goeie potgrond, kompos en grond. Gee onmiddellik na oorplanting water en plaas op ’n beskutte plek om skok te verhoed. Skuif dit na ’n paar dae na die regte posisie.

Saai groentesaad soos beet, blaarslaai, botterskorsie, eiervrug, murgpampoentjies, pietersielie, rankboontjies en soetrissies.

Berei nou ’n plekkie voor waar jy op warm somersaande jou tuin kan geniet en na die volmaan kan staar.

1,680 comments

  1. Pingback: kojic acid serum
  2. Pingback: read more
  3. Pingback: faceless niches
  4. Pingback: cornhole
  5. Pingback: trustbet
  6. Pingback: lasik
  7. Nice blog! Is your theme custom made or did you download it from somewhere? A design like yours with a few simple adjustements would really make my blog jump out. Please let me know where you got your design. Bless you