GEBEDE VIR OOM DISSIE

Foto: Dissie Kruger se Toyota Land Cruiser nadat die dak en deur afgesny is. (Foto: Orania Beweging)

Sondagmiddag ongeveer 17:30 het die beheerkamer van Orania Veiligheidsdienste die oproep gekry dat daar ’n botsing tussen ’n voertuig en ’n ertsvragmotor ongeveer 15 kilometer buite Orania in die rigting van Hopetown was. Etienne de Lange, die hoof van Orania Veiligheidsdienste is kort daarna deur Joost Strydom, die uitvoerende hoof van die Orania Beweging geskakel en gevra om die hidroliese uitsnytoerusting na die toneel te bring. Etienne het hom na die toneel gehaas waar hy ’n aantal Oraniërs aangetref het. Die insittende, ’n Bekende en geliefde boer van die omgewing, Dissie Kruger het op hierdie stadium reeds ’n binneaarse drup opgehad wat aan Helena Erasmus te danke is. Dissie se Toyota Land Cruiser het met ’n vragmotor wat megaanerts vervoer het gebots.

Etienne en sy span het begin om die dak van die voertuig af te sny. In daardie tyd het Rocket-lugambulansdienste se helikopter geland en is die deur van die voertuig ook afgebreek. Dissie is op die toneel gestabiliseer en is met ’n dragbaar na die helikopter gedra waarna hy per helikopter na Gariep Mediclinic in Kimberley vervoer is.

Teen druktyd het Dissie se seun, Derius gesê dat sy pa se tweede operasie afgehandel is en dat die dokters tevrede is met sy vordering. Derius het ook die gemeenskap bedank vir hulle bystand en ondersteuning.

Verskeie mense het op sosiale media aangedui dat hulle “bid vir oom Dissie se beterskap”. Dissie is al vir baie jare by die gemeenskap van Orania betrokke.

Die hidroliese toerusting is deur ’n weldoener aan Orania Veiligheidsdienste geskenk na ’n soort-gelyke insident op die R369. Die veiligheid-span oefen gereeld met die toerusting en kon dit Sondag vinnig in gebruik stel.

Vorige gevalle waarby ertsvragmotors betrokke was

Vroeg vanjaar is `n ambulans deur `n vragmotor wat mangaanerts vervoer het van die pad afgery in die omgewing van die Havengabrug. Dit blyk dat die vragmotor vir slaggate uitgeswaai en die ambulans getref het.

Onlangs het Die Oraniër ook berig oor Lariza James se lang pad na herstel nadat `n ertsvragmotor na bewering die vierrigtingstopstraat op die R369 verontagsaam en met haar motor gebots het. Lariza is ook per helikopter na Kimberley vervoer vir mediese behandeling waar sy vir `n geruime tyd gehospitaliseer is. Die atletiese Lariza se herstel vorder goed en sy het onlangs weer begin oefen.

1,223 comments

  1. Specifically designed for casino gaming, the ETX-A55E offers the security, compatibility and flexibility demanded to maintain the smooth running of any casinos gaming machines. Its BIOS is written with anti-cheat element in mind to include the secure boot feature for preventing malicious software or hacking tools that may be purposefully planted from running during system boot. It is also fully customizable as required by the casino’s local gambling regulatory body. Therefore, the machine gaming sector is evolving from just the sale and leasing of slot machines to include: We are committed to ensuring that your information is secure. In order to prevent unauthorised access or disclosure, we have put in place suitable physical, electronic and managerial procedures to safeguard and secure the information we collect online.
    https://meetup.furryfederation.com/events/1fcfc461-f26e-40e8-89f3-35861c5430a9
    Online roulette casinos that accept PayPal Another rule is the maximum allowed bet. If the casino defines the maximum bet when playing with a bonus, you must not exceed it. Otherwise, the casino will have an excuse to refuse to pay you out. And the majority of casinos really will use this excuse. Be aware that this rule is not enforced by the casino system, so it’s up to you to read bonus terms and conditions carefully. With table limits ranging from 10p – £200,000 and withdrawals that are processed within 24 hours of request, All British are our favourite online casino for roulette. Play at All British Casino Ignition is the best roulette casino if you’re looking to play with online casino PayPal deposits. They offer five different RNG roulette games, in addition to several live tables. In their live dealer casino, you play via an HD-quality stream, and this gives you a real-life casino experience.  

Leave a Reply

Your email address will not be published.