Meer navrae oor Orania nÁ onluste

Die afgelope week se onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal het miljarde rande se skade aan eiendom sowel as lewensverlies tot gevolg gehad. Op sosiale media is daar talle eerstehandse vertellings en video’s van die geweldpleging. Tussen al die plasings was daar ook diegene wat gesê het hulle is nou klaar met uitdagings wat hulle ervaar en dat hulle van voorneme is om na Orania te verhuis.

Cara Tomlinson, wat die navrae by die Orania Beweging hanteer, sê dit is moeilik om vas te stel of die toename in navrae spesifiek vanuit die geteisterde gebiede kom, aangesien min mense spesifiek aandui waar hulle nou woonagtig is. Die aantal navrae het wel van die gewone tussen 8 en 13 per dag opgeskiet na tussen 25 en 30 per dag. Die navrae handel hoofsaaklik oor hoe verblyfreg bekom kan word, watter werksgeleenthede beskikbaar is en watter verblyfmoontlikhede daar in die dorp is.

Die hoof van besigheid en beleggings by die Orania Ontwikkellings-maatskappy, Christo Conradie sê hy ontvang deurlopend navrae van sakeondernemings oor hoe om hulle bedrywighede na Orania te verskuif. Christo sê wel dat hy in die verlede gesien het daar is ’n toename in navrae wanneer daar politieke onstabiliteit in die land is, maar dat sulke navrae selde gepaard gaan met aksie. Dit is eerder diegene wat oor tyd hulle navorsing doen wat uiteindelik in Orania vestig.

339 comments

  1. Hi! I know this is somewhat off topic but I was wondering if you knew where I could get a captcha plugin for my comment form? I’m using the same blog platform as yours and I’m having trouble finding one? Thanks a lot!

  2. I am very multifaceted, from sweet to free show room, everything is possible with me! Are you submissive? Then don’t be afraid to give me a call. I’ll take your breath away with my dominant nature. Don’t hesitate for long and give me a call. I look forward to seeing you!

  3. For Tg assays FS is defined by the lowest Tg concentration that can be measured in human serum with 20 percent coefficient of variation CV in runs made over a 6 12 month period using at least two different lots of reagents and two instrument calibrations 24, 58, 72, 404, 802 donde comprar priligy mexico

Leave a Reply

Your email address will not be published.