VF Plus se selfbeskikkingskonferensie loop ten einde

Die Vryheidsfront Plus se konferensie oor selfbeskikking het die afgelope Maandag ten einde geloop. Dit het uit vier paneelgesprekke bestaan waarvan die laaste spesifiek oor die verkryging van selfbeskikking in ’n afgebakende gebied gehandel het. VF Plus-parlementslid dr Wynand Boshoff het die gesprekke gefasiliteer en hy sê dat die konferensie oorspronklik gedurende Mei sou plaasvind, maar dat die grendelstaat hulle verhoed het om voort te gaan. Wynand het aan Die Oraniër gesê dat die voorstel vir so ’n konferensie gekom het van Sakkie du Plooy, ’n burgemeesterskomiteelid in die Tshwane Metroraad wat gevra het dat daar duidelikheid gekry word oor wat die VF Plus met selfbeskikking bedoel. Daar is toe besluit om ’n konferensie aan te bied sodat daar grondliggend gedink kon word oor selfbeskikking.

Wynand vertel dat die konferensie regstreeks deur ongeveer 100 mense gekyk is, maar later kykergetalle van meer as 10 000 en selfs 20 000 gehad het. Volgens hom kan die hernude belangstelling in selfbeskikking toegeskryf word aan wat tans in die land gebeur: “Die ANC help ons fantasties. Hoe meer die ANC droogmaak hoe minder voel mense verbind tot hierdie staatkundige konsep van Suid-Afrika as ’n eenheidstaat. Die ander rede, soos iemand dit al gestel het, is dat mense nie altyd seker is of dit moontlik is nie en ook nie seker is of dit nodig is nie. Orania bewys dat dit moontlik is en die ANC bewys dat dit nodig is”.

Orania is verskeie kere tydens die konferensie vermeld. Wynand sê alhoewel die eerste drie besprekings nie oor territoriale selfbeskikking gehandel het, nie is Orania die een plek waar teorie lewe kry. “Die rol vir Orania op die pad vorentoe is as die plakkaatseun vir selfbeskikking. Orania het ontwikkel van iets waarvoor jy gelag het, na iets waarvoor jy jou wenkbroue optrek na iets wat party mense selfs begin bewonder as hulle daar aankom. Al wat ons nou nodig het is dat dit ’n alternatief word vir Australië.”

Volgens Wynand gaan die konferensie ook rigting bied aan die VF Plus oor hoe hulle vorentoe selfbeskikking wil benader.

2,173 comments

  1. Pingback: link
  2. Pingback: Project Mancave
  3. Pingback: pgroyalbet
  4. I am usually to running a blog and i really recognize your content. The article has really peaks my interest. I am going to bookmark your web site and maintain checking for brand spanking new information.

Leave a Reply

Your email address will not be published.