Bou aan ons eie en pluk die vrugte

Altyd, maar veral binne die omstandighede wat tans in die res van Suid-Afrika heers, is dit ’n reusevoorreg om ’n besigheid binne Orania te bedryf. Ook om hier te kan bly, om jou kinders hier kan laat skoolgaan en om by gemeenskapsake of buitemuurse aktiwiteite betrokke te wees, is ’n voorreg.

 Orania is nie soos geen ander gemeenskap nie en Oraniërs is soos geen ander dorpsbewoners nie. Die wyse waarop ons mekaar hier tegemoetkom en waarop ons hier vir mekaar uit ons pad uit gaan, spreek vanself. Orania groei en gaan vooruit terwyl die res van die land uit mekaar tuimel. Moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dis omdat ons ons moue oprol, skouer aan die wiel sit en bou. Dis ook hkom ons moue oprol, skouer aan die wiel sit en bou. Dis in ons aard as Afrikaners. Ons handhaaf en ons hou.

Om jou neus by Orania uit te steek tydens vlak een van Suid-Afrika se Covidmaatreëls is ’n onbenydenswaardige gebaar. Ondersteun gerus eerder jou eie mense in jou eie dorp deur tot die ekonomie hier by te dra. Ondersteun plaaslike besighede eerder as groot kettingwinkels in die stad. Woon geleenthede wat hier aangebied word getrou by. Help mekaar in goeie gees en ondersteun mekaar se projekte.

Dra gerus iets oranje by verrigtinge sodat ons ons dorp met trots verteenwoordig. Skaf vir jou ’n oranje serp, ’n string krale of ’n das aan. Of sit ’n oranje veer in jou sonhoed. Dit hoef nie duur of moeilik te wees om so iets te bekom en deel te wees van die gees wat heers nie. Daar is ook eersdaags weer Orania-lapelwapens by die Inligtingskantoor beskikbaar. Skaf gerus vir jouself en elke lid van jou gesin een aan. Kry ook so gou moontlik vir jou moderne tradisionele drag wat spesifiek vir moderne Oraniërs ontwerp is en selfs op die nuwe Ora-reeks uitgebeeld word. Dra dit met trots na verrigtinge wat op Orania-eie vakansiedae en kulturele vakansiedae aangebied word.

Gebruik so ver moontlik Oras eerder as Rande sodat die Sakekamer die rente wat verdien word op Rande wat in OSK lê, kan gebruik om die sakesektor te verbeter. Leer meer die simboliek wat op elke individuele Ora uitgebeeld word sodat jy dit korrek aan besoekers, vriende en familie kan verduidelik. Bou aan ons eie, nou meer as ooit. En pluk die vrugte daarvan!

Karin Kemp is ’n inwoner van Orania en die oogkundige by Orania Oogkundiges.

1,277 comments

  1. Pingback: namo333

Leave a Reply

Your email address will not be published.