In ’n kennisgewing wat deur die Orania Dorpsraad uitgestuur is, is aangekondig dat ’n arbeidspaneel binnekort saamgestel sal word. Volgens die kennisgewing gebeur dit gereeld dat inwoners om een of ander rede van vreemde arbeid gebruik wil maak. Die redes hiervoor wissel van blote laksheid en kanse vat tot regtig broodnodige spesialisdienste wat nie deur Oraniërs verrig kan word nie.
Tot op hede kon ’n persoon wat van vreemde arbeid gebruik wil maak sy situasie aan die uitvoerende hoof van VAB en twee senior bestuurspersoneellede verduidelik waartydens alternatiewe oplossings gesoek is. Die skrywe benadruk dat die doel van hierdie vergadering nie was om toestemming vir die gebruik van vreemde arbeid te kry of te gee nie, maar om oplossings te vind.
Op ’n onlangse direksievergadering is besluit dat ’n arbeidspaneel, soortgelyk aan ’n verblyfregspaneel daargestel sal word om inwoners van VAB se versoeke om vreemde arbeid in dié grondgebied te gebruik te hanteer. Die arbeidspaneel sal uit vyf lede bestaan wat insluit ’n direksielied, die uitvoerende hoof (of ’n senior bestuurslid in sy afwesigheid) en drie inwoners. Die direksielid sal in die geval van ’n staking van stemme die beslissende stem kan uitbring terwyl die uitvoerende hoof of die persoon wat vir hom instaan slegs as sameroeper sal optree en geen stemreg sal hê nie. Dié paneel sal dan oor die bevoegdheid beskik om aansoek om vreemde arbeid te gebruik af te keur of goed te keur en daarvoor verantwoordelikheid te neem. Die uitvoerende hoof van die Dorpsraad, Gawie Snyman sê dit is belangrik om daarop te let dat hierdie proses nie daargestel word om
toestemming vir die gebruik van vreemde arbeid te verkry nie, maar juis om die Oraniabeginsel van eie arbeid verder te verskans en uit te bou.

Net ‘n gedagte. Iemand koop ‘n vooraf vervaardigde struktuur vir oprigting en ingesluit by prys is die oprigting van struktuur met buite arbeid? Die rede – om aan spesifikasies van waarborg te voldoen.
Die idee is goed, solank dit nie net spesifieke individue bevoordeel nie, om as “labour broker” op te tree nie, vir eie gewin nie.
Goeie dag Hans. Orania is `n Boere Afrikaner kultuur dorp waar ons die bemagtiging van ons eie mense nastreef. Hier is genoegsame kennis en indien ons dit nie self kan doen nie was 90% van verskaffers bereid om volkseie arbeid te stuur of dan net kundiges en het ons die res van die werk hier self gedoen. Waarborge was dan nog altyd ook gegee.
As n mens se gesindheid reg is omtrent Volkseie arbeid, en jy bly op Orania vir die regte redes, sal jy uit jou pad uitgaan om nie vreemde arbeid te gebruik nie. Dit is egter so dat daar van tyd tot tyd buitengewone gevalle sal wees waar n persoon wel vreemde arbeid moet gebruik. Solank die aspek van waarborg nie as n gerieflike verskoning gebruik word nie
Elred Ferreira
Thankyou for helping out, excellent information
Well I sincerely liked reading it This information offered by you is very practical for correct planning
generic priligy 1990, vitamin E tocopherol; Egan et al