X-strale kan nou ook in Orania geneem word

Marlene Fourie is `n boorling van Pretoria. Ongeveer `n jaar gelede het aangetroude familie van haar na Orania verhuis en daar het sy die eerste keer met dié gemeenskap kennis gemaak en haar hart op die oewer van die Oranjerivier verloor. Dit het haar `n jaar geneem om uiteindelik iin Orania te vestige n vandag spog sy met Trollip en vennote Radiografie – die eerste praktyk van sy aard in Orania.

Dié praktyk het `n mobiele eenheid wat by Orania Med24 (by die sportgronde) geleë is. Marlene het by `n paar hospitale en praktyle in Pretoria gewerk en is gereed om haar kennis tot Oraniërs se diens te stel. Marlene werk met `n radioloog in Johannesburg wat die verslae vir haar saamstel. Dit is baie belangrik dat `n pasiënt deur `n dokter na haar verwys word. Sy werk wel met mediese fondse maar wys daarop dat dit die pasiënt se verantwoordelikheid is om te verseker dat hulle fondse wel vir radiografie voorsiening maak. Daar is ook spesiale pryse vir pensioenarisse.

Vir meer besonderhede of om `n afspraak te maak kan Trollip en vennote Radiografie by 072 381 3160 geskakel word.

1,265 comments

  1. Pingback: go x waikiki
  2. Pingback: play cornhole
  3. Pingback: dee88
  4. Betflik เพิ่มประสบการณ์ปั่นสล็อตแนวใหม่ สมัครง่าย กดรับเครดิตฟรี ไม่เสียค่าใช้จ่ายใดๆ เล่นได้เลยที่หน้าเว็บ

  5. Pingback: fuck girldice

Leave a Reply

Your email address will not be published.