Tegnies gesproke: `n helikopter op mars

’n Wetenskapsrubriek deur Neil Janse van
Rensburg


In ’n ongelooflike ambisieuse poging het die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA, dit reggekry om ’n outonome helikopter op die planeet Mars te ontplooi. Die Ingenuity- helikoptertjie is saam met die Perserverance- robotvoertuig vervoer wat onlangs op 18 Februarie op Mars geland het na ’n 7 maande lange ruimtevlug.
Ingenuity weeg ’n skrale 1.8kg en sal die eerste beheerde helikopter wees op ’n ander planeet. Indien dit die ysige Mars-aande oorleef (teen -90°C) is dit geskeduleer om op 11 April die eerste vlug aan te durf. Alhoewel Mars se swaartekrag slegs ’n derde van die aarde s’n is, is die atmosfeer slegs 1% die digtheid wat dit hier op aarde is. Om genoeg vlotkrag te kry is rotors van 1.2m in diameter nodig. Die helikopter is deur ’n komplekse proses van onder die Perserverance se buik vrygelaat deur springstof-plofboute wat dit stelselmatig laat ontvou en ontplooi het.

Die area op Mars waar die helikopter ontplooi is, is vernoem na die Suid-Afrikaanse ingenieur Jakob van Zyl wat onlangs oorlede is. Van Zyl was hoof van NASA se ‘Jet Propultion Laboratory’-afdeling van ‘Solar System exploration’-program.

Die Perserverance-robotvoertuig (met ’n koste van 2.3 miljard Amerikaanse doller) word deur kernkrag aangedryf en is toegerus met ’n magdom sensors en navorsingsapparate, wat ’n laser insluit om Mars-rotse se samestelling te analiseer. Dit het ook ’n boor waarmee rotsmonsters versamel kan word met die doel om dit in ’n toekomstige poging terug te stuur na die aarde.

Meer inligting kan verkry word by www.nasa.gov

340 comments

Leave a Reply

Your email address will not be published.