Covid-19: Kerke gaan voort met eredienste

Ds Ruan Combrink van die AP Kerk in Orania het onder baie unieke omstandighede hier aangekom. Dit was skaars `n week voor die grendelstaat aangekondig is. Sy bevestiging is toe vervroeg omdat die vrees bestaan het dat dit nie later sou kon plaasvind indien dit uitgestel word nie. So gebeur dit toe dat Ds Combrink op 28 Maart, enkele ure voor die grendelstaat om middernag in werking sou tree in die amp bevestig word. Hy sou kort daarna ook sy intreepreek aanlyn moes lewer – `n eerste vir hom en baie ander in die bediening.

Ds Combrink vertel dat daar aanvanklik gehoor gegee is aan die verbod op eredienste maar dat die kerkraad uiteindelik `n balans moes kry tussen Romeine 13, wat gehoorsaamheid aan die staat bepleit, en Handelinge 5 waar Petrus sê dat ons God meer gehoorsaam moet wees. “Uiteindelik het ons besef dat die inperkings wat die grendelstaat op ons plaas daartoe sou lei dat ons nie meer gehoorsaam kan wees aan God in terme van hoe die erediens ingerig behoort te wees nie.” Die AP-kerk neem ook voorsorgmaatreëls om gemeentelede teen die verspreiding van die virus te beskerm deur aanlyndienste aan te bied, handreinigermiddels beskikbaar te stel en sosiale afstand aan te moedig.

Ds Ruan Combrink

Ds Schalk Albertyn van die NG Gemeente in Orania sê hulle neem ook die nodige voorsorg en dat die kerkraad na elke diens die hele kerkgebou ontsmet. Ds Albertyn sê families uit dieselfde huis kan bymekaarsit maar dat daar verder afstand gehandhaaf word. Hy sê die gemeentelede waardeer dit om weer saam te kan sing op Sondae en dat eredienste steeds sal voortgaan ongeag die bevestigde Covid-19-gevalle.

Ds Schalk Albertyn

Pastoor Hanri Maritz van die Maranata-gemeente sê hulle het nie met die aanvang van die grendelstaat `n aktiewe Facebookblad gehad nie. Aangesien die verwagting aanvanklik bestaan het dat die grendelstaat vir slegs drie weke sou duur is daar eers na die verlenging van die grendelstaat met aanlynpreke begin. Pastoor Maritz sê dit was `n aanpassing om aanlynpreke te lewer aangesien dit baie onpersoonlik is. “Voorheen het jy jou gemeente gesien en beleef en skielik was dit weg.” Intussen het kerkdienste by Maranata weer hervat alhoewel die getalle in die stadium minder is as wat in die verlede die geval was. Hy sê die stryd teen vrees is in die stadium die belangrikste stryd wat gestry moet word. “Ek glo nie die virus is so gevaarlik soos die vrees wat dit inboesem nie.”

Pastoor Hanri Maritz

Ds Ronald Bain van die Gereformeerde Kerk Oranjerivier sê ten spyte van die abnormaliteit wat ons tans beleef `n mate van normaliteit nagestreef word. Hy sê verder dat eredienste, katkisasie en bybelstudie op `n verantwoordelike wyse voortgaan. Die kerk doen spesifiek moeite met bejaardes en mense wat geisoleerd voel en diakens werk deurlopend om vas te stel waar ekonomiese uitdagings in die gemeenskap voorkom. Ds Bain sê verder dat mense hulle dagtake met verantwoordelikheid maar ook vreesloosheid moet aanpak. “In hierdie abnormale tyd waarin ons leef moet die gelowiges iets beleef van die normaliteit wat ons in Christus vind. Ten spyte van die gesondheidsuitdagings. Die pandemie is `n tydelike ding maar die evangelie van Christus en sy kerk is ewig.”

1,177 comments

  1. First of all HALFTIME FULLTIME FIXED MATCHES is most important for starting into betting tips. Secondly We’re the most Real source of fixed matches HT-FT. Thirdly lower odds than other offers. After that, you finally found verified sellers of fixed matches. Also this is a verified company as well certified by experts. Most noteworthy you will never be in a position to be scammed or FRAUD. Important SOLO-BET SOLO PREDICTION TODAY. Zulubet predictions are typically based on statistical analysis, historical data, team form, player performances, and other relevant factors. Zulubet predictions today aim to assist bettors in making informed decisions when placing bets on today’s matches. Our Zulubet tips are very reliable, accurate, and trusted by many. We offer both Free and Premium Zulu Predictions.
    https://extra-wiki.win/index.php?title=Online_sports_bookmakers
    Spectating is only half the fun of March Madness. As soon as the NCAA releases the tournament bracket on Selection Sunday, enthusiastic fans hit DraftKings’ sports betting platform. When odds are expressed with a plus (+) or minus (–) symbol followed by a number. They are American money line odds; for example, +200 signifies the amount a bettor could win if wagering $100. If the bet works out, the player would receive a total payout of $300 ($200 net profit + $100 initial stake). Duke actually opened as the favorite right after the Final Four at +750. But college basketball national title odds can be fickle and volatile in the offseason since even a single impact recruit, transfer, or NBA Draft departure can have such a big impact. So don’t think we’ll head into next season with the odds looking exactly like this.

Leave a Reply

Your email address will not be published.